WIE IS DIE WARE VOLK VAN GOD – DEEL 2

‘n Perfekte voorbeeld van die nuwe Israel. Nicht ein Scheitern? (Nie ‘n mislukking nie?)

Vare volk van God

INLEIDING

Nadat Stephan Joubert die Ou Testament en die onvoorwaardelike verbond wat God in Genesis 12:1-3 met Abraham gesluit het, deeglik in sy eerste video, “Wie is die ware volk van God,” aan flarde geskeur het, beoog hy in sy tweede video om die Jode se erfenis in die hedendaagse staat Israel te de-legitimeer deur hulle daarvan te beskuldig dat hulle Jesus Christus vermoor het. 

Sy bewoording is buitengewoon genuanseerd en gepoleerd, wat baie oningeligte kykers ’n rat voor die oë kan draai om te dink dat God sy Nuwe Verbond [Nuwe Nuwe Testament] gebruik het om die vroeë verbonde wat Hy met Abraham, Isak en Jakob in die Ou Testament gesluit het, hok te slaan.

’n Term wat ’n ereplek losgeslaan het in Joubert se leksikon is “radikale.” Hy het selfs ‘n boek geskryf met die titel  “Jesus Radikaal, Regverdig, Relevant.”  Hierdie radikale werk van misleiding, wat as die magnum-opus van sy groteske verbeelding beskou kan word, moedig sy gehoor aan om –

“ . . . op ‘n radikaal ander manier oor Jesus [te dink]  deur te ondersoek waar presies Hy in die Christendom, die kerk en hulle lewens pas. Die outeur Stephan Joubert ontsluit lesers se  gedagtes met ‘n verfrissende benadering wat hulle in staat stel om te bepaal waar hulle in God se koninkryk, Sy kerk en Sy wêreld” hoort.

Joubert begin met sy gebruiklike inleiding om die hedendaagse penarie wat talle Christene in die gesig staar, te betreur. Hy beklemtoon hoeveel reeds aan ‘n interpretasie-virus beswyk het om “oor die Bybel” te praat eerder as om ‘n leesgewoonte te kweek om “vanuit die Bybel” feite te onderskei.

Dusdoende wil hy die onderskeid tussen inlegkunde (“eisegese” – die praktyk om ‘n teks te interpreteer deur jou eie idees, vooroordele of betekenisse daarin te lees), en uitlegkunde (“eksegese” – om die betekenis wat inherent is aan die teks self) uit te lig.

Soos reeds in die eerste artikel van hierdie reeks genoem is, is dit ironies genoeg hierdie einste gedrag waarvoor Stephan Joubert aanspreeklik gehou moet word. Sy geesdrif om sy gehore te vertel dat hy en sy ekerk toegewyde eksegete is, is pynlik opvallend terwyl hy hulle in dieselfde asem aanmoedig om hul verbeelding te gebruik, wat die Bybel as uiters sondig en kwaadwillig beskou. Diegene wat glo dat verbeelding kan help om die Bybel op ’n eksegetiese wyse akkuraat te interpreteer, is ernstig mislei.

In sy inleidende opmerkings stel Joubert die volgende.

Goeie naand en welkom by ons tweede Bybel skool, toegewy aan die tema “Die Volk van God in die Bybel.”  Ons bron is die Bybel. Ons betrek dit direk en vermy die neiging om geykte troetel versies te kies wat ons aanspoor om ‘n persoonlike teologie rakende die volk  van God op te tower. 

Dit het gelei tot waar individue hul eie weergawes van die Bybel gevorm het deur ‘n paar verse uit die Ou Testament wat met Israel verband hou, uit te haal en hulle van toepassing te maak op ‘n kontemporêre groep wat dieselfde naam het. Die wesenlike vraag bly: hoe verwoord die Nuwe Testament die konsep van die volk van God?

Soos voorheen genoem, is daar deurlopende lewendige debatte oor die identiteit van die volk van God in ons huidige samelewing. Baie mense noem tekste soos Genesis 12, wat verklaar dat God diegene sal vervloek wat Abraham se fisiese afstammelinge vloek, maar hulle mis dikwels die daaropvolgende verse wat God se belofte beklemtoon om alle nasies in en deur Abraham te seën. 

Verder, terwyl hulle na verse uit Jesaja kan verwys wat die idee van ‘n ewige verbond ondersteun, is hulle geneig om die oorwoë  liggaam van profetiese literatuur (ongeveer 80%) wat hoofsaaklik oordeel teen Israel van daardie tyd aanspreek, oor die hoof te sien.

Daar is ‘n radikale verskil tussen die Ou en Nuwe Testament t.o.v. wie God se ware volk is, wat natuurlik ook ‘n diepgaande herbesinning van Hebreërs 1 en vers 1 vereis. Alhoewel daar ‘n mate van kontinuïteit is, is daar ook ‘n radikale diskontinuïteit.  [DTW: Joubert se gebruik van “radikale” om van “kontinuïteit” en “diskontinuïteit” goeie handjie-hou maatjies te maak  is onvanpas. Die etimologie van “radikaal” laat dit eenvoudig nie toe nie. As daar nog ’n mate van kontinuïteit is, soos Joubert sê, dan kan diskontinuïteit nie as radikaal bestempel word nie, omdat die woord “radikaal” aandui dat daar ’n algehele breuk (afsnyding) gekom het tussen die twee begrippe, in hierdie die Ou en Nuwe Testamente.]

Om die Nuwe Testament na te laat en uitsluitlik op sekere Ou Testamentiese tekste te fokus wat die konsep van ‘n verenigde historiese volk as God se uitverkore volk onderskryf, lei tot ‘n verdraaiing en verkeerde toepassing van Bybelse leerstellings.

In ’n neutedop gesê, die Nuwe Testament bevestig dat God se volk van ‘n geografiese raamwerk na ‘n nie-geografiese een verskuif het, van ‘n nasionale en streekgebonde na ‘n internasionale omvang, en van ‘n plaaslike teenwoordigheid na ‘n globale een. 

Die nuwe volk van God woon in die Koninkryk van God, wat universeel van aard is, en die reuse verandering staan bekend as die Nuwe Testament. 

In die Evangelie van Lukas, hoofstuk 22, het Jesus uitdruklik verklaar dat Hy besig was om ‘n Nuwe Testament op die been te bring tydens die instelling van die Nagmaal. Die apostel Paulus, in 2 Korintiërs 3, identifiseer homself as ‘n boodskapper van hierdie Nuwe Testament, en kontrasteer dit met die Eerste Testament wat deur Moses bevestig is . Dit is belangrik om daarop te let dat Paulus nie die Eerste Testament gekritiseer het nie; hy het die heerlikheid daarvan erken terwyl hy ook daarop gewys het dat dit uiteindelik tot die dood gelei het. 

As ‘n prominente Jood het Paulus die beperkings van ‘n streng nasionalistiese Joodse perspektief afgeskiet. In 2 Korintiërs 3:7 verwoord hy dat die bediening van Moses op die dood uitgeloop het, ten spyte van die glorieryke aard daarvan. Hy het verder uitgebrei oor die noodsaaklikheid vir Moses om sy gesig te bedek, en ‘n parallel getrek met die hedendaagse Israeliete wat insgelyks sulke bedekkings benodig. 

Terwyl die bediening wat oordeel gelewer het inderdaad glorieryk was en met prag geskyn het in die konteks van die Wet (vers 10), het dit uiteindelik nie die lewegewende lewenskragtigheid van die Nuwe Verbond gehad nie. Paulus het sy verbintenis tot die Nuwe Verbond van God bevestig, soos ook in Hebreërs 8:19 duidelik toon. Die skrywer van Hebreërs beklemtoon dat die Ou Testament in ‘n spesifieke sin nie die verwagte beloftes nagekom het nie. [Joubert haal weer Hebreërs 1 aan].

BLINDES SIEN DIKWELS BETER AS DIEGENE WAT BEWEER HULLE SIEN (JOHANNES 9:39)

Die gesegde: “Daar is niemand so blind soos dié wat weier om te sien nie,” is maklik op Stephan Joubert van toepassing. Dit is van kardinale belang om daarop te wys dat Joubert ‘n beduidende fout maak deur die Mosaïese Verbond uit die Ou Testament en die Nuwe Verbond uit die Nuwe Testament te gebruik as bewys dat Israel se verbreking van die Ou Verbond daartoe gelei het dat God sy uitverkore volk verwerp het. Daarbenewens sien hy die ander verbonde wat God met Israel gesluit het, heeltemal oor die hoof, veral die onvoorwaardelike verbond met Abraham, Isak en Jakob wat in Genesis 12:1-3 gevind word. 

Die belofte beetreffende die land hou hoegenaamd geen verband met die Mosaïese Verbond nie en omgekeerd. Dit volg dat Israel se herhaalde oortreding van die Wet nie God se belofte van die land aan hulle gekanselleer het nie. Gevolglik hou Joubert se argument dat Israel uiteindelik haar reg op die Beloofde Land verbeur het weens haar voortdurende ongehoorsaamheid aan die Mosaïese Verbond, geen water nie. Beide die Mosaïese Verbond en die Nuwe Verbond in die Nuwe Testament word deur die ontvanger op geloof alleen begrond.

In sy brief aan die Galasiërs verwoord Paulus die goddelike bedoeling agter die Mosaïese Wet, veral met betrekking tot die beloftes wat God aan die aartsvaders Abraham, Isak en Jakob gemaak het. 

Die vraag wat Paulus aan die begin van vers 21 van Galasiërs hoofstuk 3 stel, dien as oortuigende bewys dat die beloftes inherent aan die verbond met Abraham fundamenteel van die Mosaïese Wet verskil, en dus nie daarmee vereenselwig kan word nie, veel minder nietig gemaak word, veral die belofte aangaande die Beloofde Land wat God aan sy ware volk, die Jode (die twaalf stamme van Israel) gegee het.

Is die wet dan teen die beloftes van God? Nee, stellig nie! Want as daar ‘n wet gegee was wat krag het om lewend te maak, dan sou die geregtigheid werklik uit die wet wees. Maar die Skrif het alles ingesluit onder die sonde, sodat die belofte uit die geloof in Jesus Christus aan die gelowiges gegee kon word. Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word. Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof. Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder ‘n tugmeester nie. [Galasiërs 3:21-25].

In teenstelling met Joubert wat die beloftes van God aan Abraham en die Mosaïese Verbond in een pakket saamflans, maak Paulus baie duidelik ’n onderskeid tussen God se beloftes wat nie op enige voorwaardes geskoei is nie (“Ek sal” i.p.v. “Julle mag nie”) en die Mosaïese Verbond waarvan die sukses afhang van die getrouheid van twee partye – God se trou en die volk se gehoorsaamheid. Lg. was natuurlik die vlieg in die salf wat die Mosaïese Verbond op ’n ramp afgestuur het.

Die Mosaïese Wet is God se standaard wat die mens se algehele onvermoë om dit te onderhou, toon. Dit werk soos ‘n spieël wat jou lewe voor die aangesig van die allerheiligste God reflekteer en jou soos ‘n tugmeester aanspoor om te soek na iemand wat dit namens jou kan volbring. Vandaar Paulus se manjifieke uitspraak “Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof. Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder ‘n tugmeester nie.”

Die feit dat die tugmeester nou deur geloof vervang is, maak onder geen omstandighede God se beloftes aan Abraham, Isak en Jakob tot niet nie omdat dit nie gegrondves is op geloof nie maar op God se onvoorwaardelike getrouheid en ter wille van die eer van Sy heilige Naam onder die nasies.

Die belofte soos uiteengesit in Genesis 12, dat ‘in Abraham al die volke van die aarde geseën is’, kan slegs ’n werklikheid wees wanneer, soos die bogenoemde teksgedeelte toelig, individue binne daardie volke tot geloof kom. Tot tyd en wyl dit gebeur, is elke nie-gelowige onderworpe aan ‘n vloek, soos dit duidelik in 1 Korintiërs 16:22 en Johannes 3:18 uitgedruk word.

As iemand die Here Jesus Christus nie lief het nie, laat hom ‘n vervloeking wees! Maranáta! [1 Kor. 16:22]
Hy wat aan hom glo [soos die Skrifte sê], word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, word alreeds veroordeel, omdat hy nie in die naam van die enigste Begotten Seun van God geglo het nie. (Johannes 3:18).

Stephan Joubert se swak poging om hom op die frase ‘en in jou sal alle gesinne van die aarde geseën word’ te beroep, in ‘n poging om die vloeke wat in die vorige vers gestel is, te weerlê (Genesis 12: 2), is strydig met die Bybelse leerstelling en weerspieël ‘n oseaan vol van verbeeldingryke slinksheid.

Daarom is ‘n deeglike ondersoek na Stephan Joubert se sienings oor die nuwe verbond nodig om sy verbeeldingryke manier van dink te probeer peil.

DIE SJ-PERSENTASIE SPELETJIE – 80% VERSUS 20%

Om sy perspektiewe op die Vervangings-teologie te ondersteun, speel Stephan Joubert die persentasie spel. Hy skat dat slegs twee of drie verse in Jesaja bevestig dat die hele Israel van God regverdig gemaak sal word en die land ewig sal beërwe, Daarenteen verklaar die ongeveer 80% oordeel-profesieë in die Ou Testament dat die ewige belofte van die land aan sy volk herroep is.

Dit is veral opmerklik hoedat Joubert op die statistieke van die Ou Testamentiese profete staatmaak m.b.t. die oordele van God oor Israel om sy anti-Semitisme te ondersteun, asof dit God se beloftes in twee of drie tekste, soos Joubert beweer, tot niet maak. Tog, soos ons later sal sien, misken hy hulle voorspellings rakende Israel se toekomstige herstel en nasionale verlossing.

Dit is nogal verstommend om te dink dat die 80% van die voorspellings wat deur die profete gemaak is, wat slegs geprofeteer het wanneer hulle deur die Heilige Gees gedrywe is (2 Petrus 1:20-21), op een of ander manier die 20% van voorspellings oor Israel se ewige aanspraak op die land wat God aan Sy volk gegee het, kan ondermyn.

Die werklikheid dat die profete van die Ou Testament slegs boodskappe gelewer het toe hulle deur die Heilige Gees gedrywe is, demonstreer dat dit die Heilige Gees was, eerder as die profete self, wat die 80% en 20% besonderhede oor die ewigheid of oordele oor Israel as ‘n nasie voorspel het. Joubert sal sekerlik nooit daarop aanspraak maak dat die Heilige Gees Homself weerspreek deur te suggereer dat 80% van die oordele die 20% van profesieë wat Israel se ewige status as ‘n nasie bevestig, ongeldig maak nie.

Hierdie idee bespot God se voortdurende getrouheid en die heilige rol van Sy Seun, in wie alle beloftes as seker en onwrikbaar bevestig word (2 Korintiërs 1:20). Stephan Joubert se berugte uitbeelding van God se beweerde ontrouheid dui daarop dat die ewigheid van God die Seun ook bevraagteken kan word, wat op sy beurt impliseer dat die beloftes van God, wat vir ewig in Hom gewortel is, dalk ook nie betroubaar is nie. Dis nie net anti-Semities nie maar ook anti-God (anti-Chris [tus]).

 ’n Seun wat nie die vermoë het om al die verpligtinge wat sy Vader gemaak het, te beskerm en na te kom nie, insluitend die versekering rakende Israel se ewige besitting van die beloofde land, verteenwoordig die mees diaboliese misleiding wat Satan ooit kon bedink het. Hierdie idee is in werklikheid diep diabolies. Hoe kan individue hul geloof in Hom plaas vir hul verlossing wanneer sommige van die Vader se beloftes in Hom nie as waar en seker bevestig kan word nie?

Gevolglik, kan die Seun van God, Jesus Christus, nie vir enigiets vertrou word nie, ook nie eens sy bevestiging dat Hy die woorde van die ewige lewe het nie, soos Petrus in Johannes 6 en vers 68 bondig verklaar. Ek het nog altyd getwyfel of Stephan Joubert, sy medewerkers, en sy ekerk -volgelinge die egte Jesus Christus van die Bybel volg en aanbid, en nie ‘n ander Jesus nie (2 Korintiërs 11: 4).

Die Heilige Gees sal nooit toegee aan die leuen dat God sy beloftes rakende die land aan Israel herroep het nie, en gevolglik die Seun oneer aandoen in wie al God se beloftes ja en amen is. Diegene wat so ‘n leuen glo, dien ‘n ander Jesus en het ‘n ander gees en het ‘n ander evangelie ontvang.

Die betroubaarheid van God se Woord kan nie deur kwantitatiewe analises of persentasies beoordeel word nie. Dit is dwaas om waarheid met leuen te kontrasteer en af ​​te lei dat die hoër persentasie die wenner is. Die kern van die waarheid word vasgestel deur die kenmerkende eienskappe van die individu wat die beloftes maak en kommunikeer, eerder as deur die frekwensie waarmee hy waarskynlike teenstrydige sentimente uitspreek.

’n Individu kan ‘n enkele belofte van vrede en welwillendheid maak, terwyl hy meer aggressiewe stellings by verskeie ander geleenthede maak. Laasgenoemde kan egter nie die eksklusiewe belofte wat gegee is, ondermyn nie, aangesien in hierdie gesprek die waarheid in ‘n persoon genaamd Jesus Christus begrond is, en nie in die kwantifisering of ontleding van persentasies nie.

Jesus Christus het nog nooit gebid dat sy Vader Sy volgeling in persentasie-gedrewe waarhede moet heilig nie. (Johannes 17:17). Maar nouja, enigiets is moontlik met Joubert en sy volgelinge wanneer hy skaamteloos kan verkondig dat Judaïsme, Boeddhisme, Islam, en selfs Ateïsme sekere persentasies waarhede bevat.

image

SJ SE WANVOORSTELLINGS VAN PAULUS SE SIENING RONDOM ISRAEL

Stephan Joubert se grootpratery dat hy en sy ekerk altyd in ware ooreenstemming is met God se Woord, blyk ‘n blote voorwendsel te wees vir die bevordering van idees wat algeheel gekant is teen sy beweerde oortuigings. As die apostel Paulus vandag nog geleef het, sou hy ongetwyfeld ‘n diep gevoel van skaamte en regverdige woede ervaar het as hy Stephan Joubert se uitsprake gehoor het.

Die nuwe volk van God is [reeds] in die koninkryk van God, wat universeel van omvang is. Hierdie monumentale oorgang word die Nuwe Testament genoem, ‘n term wat Jesus self gebruik het toe hy die Nagmaal van die Here ingestel het, wat die begin van ‘n Nuwe Testament aandui. In sy geskrifte in 2 Korintiërs 3 beskryf Paulus homself as ‘n boodskapper en dienaar van hierdie Nuwe Testament, en kontrasteer sy missie met dié van Moses, wat verantwoordelik was vir die eerste testament.

Paulus het nie die eerste testament afgekraak nie; Hy het gesê dat dit vol heerlikheid was, maar dat dit het die dood teweeg gebring het. Daarom het hy, die suiwerste Jood denkbaar, besef dat jy nie aan ‘n eng nasionalistiese siening van die Jode kon vasklou nie.

Die fout in hierdie interpretasie is tweeledig. Eerstens openbaar dit Joubert se misverstand oor die onderskeid tussen ‘n voorwaardelike verbond, geïllustreer deur die Mosaïese Verbond met sy bepalings van “Jy mag nie,” en ‘n onvoorwaardelike verbond, soos verteenwoordig in die Abrahamitiese Verbond deur sy onfeilbare versekering van “Ek sal.”

Daarom is dit duidelik dat die belofte wat God aan Israel gegee het oor haar ewige erfenis van die land hoegenaamd geen verband hou met die Mosaïese Verbond, wat Joubert as die Eerste Verbond aanwys nie. Gevolglik kan Israel se versuim om by die Mosaïese Verbond te hou nie dien as bewys vir Joubert se oortuiging dat God Sy volk met die kerk vervang het nie.

Die Mosaïese Wet self was nie ‘n direkte oorsaak van dood nie; dit is die versuim in die volledige nakoming van die Tien Gebooie wat tot die dood gelei het. Ongehoorsaamheid aan God, hetsy in die konteks van die Mosaïese Wet of uit genade deur geloof, lei tot die dood. Die streng waarskuwing in die Nuwe Testament  getuig hiervan:

Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe, en hy wat die Seun nie glo nie, sal die lewe nie sien nie; maar die toorn van God bly op hom. [Johannes 3:36].

Stephan Joubert ignoreer doelbewus hierdie feite omdat dit sy agenda om te bewys dat ten minste tien stamme van Israel nie meer bestaan nie, sal afskiet. Boonop dui die opdrag om “berou te hê en die Evangelie te glo” aan dat ongehoorsaamheid aan God gevolge het, wat in hierdie geval geïnterpreteer kan word as “Bear the Burn (t).”

In sy geskrifte spreek Paulus sowel die Mosaïese as die Abrahamitiese verbonde aan. Hy verduidelik dat die Mosaïese Verbond slegs as ‘n tugmeester bedoel was om individue na Christus Jesus te lei (Galasiërs 3: 24-25). Dit dui daarop dat dit nie die inherente vermoë gehad het om die ewige lewe te bied nie; Inteendeel, dit het heen gewys na die Een wat die wet vervul het en dus die ewige lewe as ’n genade gawe kan gee.

Die Nuwe Testament skaf nie die Tien Gebooie af nie; Inteendeel, dit staan ​​as ‘n ewige bewys van die feit dat God alleen goed is (Markus 10:18) en dat die mensdom hopeloos onbevoeg is om ten volle aan die eise van die wet te voldoen. Die Tien Gebooie dien as ‘n spieël wat die sondige en bedrieglike aard van die menslike hart in die teenwoordigheid van ‘n Heilige God weerspieël, en ook toon dat selfs die prysenswaardigste menslike dade soos vuil vodde is (Jesaja 64:55).

Die Abrahamitiese Verbond staan ​​in skrille kontras met die Mosaïese verbond, aangesien dit nie vereis dat die begunstigdes daarvan enige bydraes hoef te lewer tot die verwesenliking van die bepalings daarvan nie terwyl die Mosaïese Verbond die absolute nakoming van God se voorskrifte in al sy fasette vereis. Soos voorheen uiteengesit, het die Mosaïese Verbond ‘n bindende klousule van ‘Jy mag nie’, terwyl die Abrahamitiese verbond nie sodanige vereiste gehad het nie en uitsluitlik op die beloftes wat God gemaak het in sy ‘Ek sal’ -uitspraak fokus

Dit is noodsaaklik om die diepgaande alwetendheid (voorkennis) van God te onthou:

Dink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, dat Ek God is, en daar is geen ander nie; Ek is God, en daar is niemand soos Ek nie; wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan, en al wat my behaag, sal Ek doen; [Jesaja 46:9-10].

God het reeds voor die skepping geweet wie van die individue onder die Israeliete nie op die Mosaïese wet sou steun vir hul geregtigheid nie, en sodoende diegene wat uit hul eie vrye wil en keuse sal glo, uitgekies tot redding by die wederkoms van Jesus Christus.

Paulus was deeglik bewus van hierdie waarheid en kon met onwrikbare vertroue verklaar dat die hele Israel (die oorblyfsel), wat die sewe-jaar-verdrukking sal oorleef by die tweede koms van Christus gered sal word. Dit is hierdie oorblyfsel onder die Jode wat uiteindelik die land wat deur God belowe is, sal beërwe en verhef sal word bo alle ander nasies tydens Christus se duisendjarige vrederyk op aarde, soos in Romeine 11:20 aangedui word. (Jeremia 31: 6-10; Sagaria 12: 9-14).

Stephan Joubert se karakterskets van Paulus as die grootste Jood wat na bewering erken het dat ‘n mens nie aan ‘n beperkte Joodse standpunt oor God se beloftes aan Abraham en sy nasate kan vashou nie, is moeilik om in lyn te bring met die Bybelse Paulus, wat verklaar het:

Ek vra dan: Het God miskien sy volk verstoot? Nee, stellig nie! Want ek is ook ‘n Israeliet uit die nageslag van Abraham, van die stam van Benjamin. God het sy volk wat Hy vantevore geken het, nie verstoot nie. Of weet julle nie wat die Skrif in die gedeelte oor Elía sê nie? hoe hy by God optree teen Israel en sê: Here, hulle het u profete gedood en u altare het hulle afgebreek, en ek het alleen oorgebly, en hulle soek my lewe! Maar wat sê die Godspraak aan hom? Ek het vir Myself sewe duisend manne laat oorbly wat die knie voor Baäl nie gebuig het nie. [Romeine 11:1-4].

Joubert se venynige vermetelheid in sy verkeerde voorstelling van God en sy getrouheid is ook opvallend in sy beoordeling van Paulus as die grootste Jood in die geskiedenis wat die beloftes van God aan Abraham, Isak en Jakob kwansuis weerlê het. Nogtans hou Stephan Joubert in beide sy YouTube – aanbiedings vol dat hy en sy ekerk die mees toegewyde en gedetailleerde Bybelse eksegete op aarde is. Jakals prys sy eie stert .

‘N RADIKALE NUWE TESTAMENT EN ‘N RADIKALE NIEWE VOLK VAN GOD

Stephan Joubert se gevaarlike affiniteit vir die term “radikaal” het die boodskap van die evangelie radikaal verander. Hy is vas oortuig dat die Nuwe Testament ‘n volkome nuwe paradigma bied, een wat die Ou Testament heeltemal oorskadu en vervang, maar ook een wat die volk van God (Israel) met die kerk vervang het.

Om Joubert se perspektief ten volle te begryp, is dit noodsaaklik om eers ‘radikaal’ te definieer. In wese suggereer ‘radikalisme’ dat tradisionele praktyke, rituele en verouderde denkwyses nie meer van toepassing is nie, en dus ‘n volslae nuwe denke en ingesteldheid vereis. Joubert se herhalende foute, het gelei tot sy skeiding van die ou en nuwe testamente wat die inherente kontinuïteit tussen hulle aansienlik ontwrig het.

‘n Paar voorbeelde uit die Skrif kan ‘n bietjie lig werp op hoe Stephan Joubert daarop gemik is om sy Nuwe Testamentiese radikalisme te verdedig. Om sy radikale siening dat Israel haar beloofde land verbeur het, te bevestig, sê Joubert die volgende aweregse nonsens.

Ons hoor al die ondertone van ‘n universele evangelie toe die wyse manne uit die Ooste Jesus herken het.

Kan dit wees dat Joubert nie bewus is van Rahab die hoer nie, wat deur haar geloof in die God van Abraham, Isak en Jakob van wie sy gehoor het, gered is en is gesê het:

 . . . Ek weet dat die HERE die land aan julle gegee het en dat die skrik vir julle op ons geval het en dat al die inwoners van die land vir julle bewe; want ons het gehoor dat die HERE die water van die Skelfsee voor julle by jul uittog uit Egipte laat opdroog het en wat julle die twee konings van die Amoriete, Sihon en Og, oorkant die Jordaan aangedoen het, dat julle hulle met die banvloek getref het. Toe ons dit hoor, het ons hart gesmelt, sodat daar by niemand enige moed meer oorgebly het teenoor julle nie; want die HERE julle God, Hy is God in die hemel daarbo en op die aarde hieronder. [Joshua 2: 9-10; Hebreërs 11:31; Jakobus 2:25].

Gebruik jou verbeelding, soos Joubert gewoonlik sy volgelinge aanspoor om te doen, en dink na oor die verstommende kwessie waarin ‘n hoer die fenomenale kennis van ‘n vooraanstaande professor soos Joubert verreweg oorskry. Sy erken nederig dat God die land aan Israel gegee het, terwyl Joubert sukkel om te aanvaar dat al die beloftes van God inderdaad ja en amen in sy Seun is. Die verklaring wat deur die hoer gemaak is, was gewortel in geloof, terwyl Stephan Joubert se vervangings-teologie spruit uit ‘n gebrek aan opregte geloof.

Dit laat die vraag ontstaan: aan watter een van hierdie twee individue het God sy geregtigheid toegeskryf – die hoer wat die lewens van die twee spioene in Jerigo manhaftig gespaar jet het en so God se volle goedkeuring ontvang het, of Stephan Joubert?

As u regtig moet praat van die ondertone van ‘n universele evangelie, moet jy ten minste met Ragab die hoer begin en nie die wyse manne uit die Ooste nie. Die betekenis van haar deel in die vestiging van die ‘ondertone’ van die globalisering van die evangelie is dat sy, ‘n hoer, ‘n ereplek in Jesus Christus se familie stamboom gekry het (Matteus 1: 5). Daarom het sy ‘n belangrike rol gespeel in die universele verlosser se instelling van ‘n universele evangelie. En onthou, dit het alles in die Ou Testament plaasgevind, nie die Nuwe nie.

DIE GEVARE VAN ‘N VOOROPGESTELDE INGESTELDHEID

Om vooropgestelde idees te vertrou as ‘n vaste raamwerk om ‘n mens se hele ingesteldheid te vorm en te definieer, is een van die gevaarlikste interpretatiewe metodes van Bybelse inlegkunde. Hierdie tipe denke word sterk beïnvloed deur verbeeldingryke impulse, ‘n konsep wat Stephan Joubert dikwels onder sy ekerk volgelinge bevorder, aangesien hy intuïtiewe verbeelding as ‘n goddelike gawe beskou. Hierdie oortuiging is ‘n sleutelaspek van die mistiek, wat Johan Geyser se Mosaïek Kerk in Fairland, Johannesburg reeds lank onderskryf en beoefen, en waar Joubert gereeld as ‘n gasspreker optree.

Dit is belangrik om Joubert se streng radikalisering van die Nuwe Testament weer ‘n slag onder die loep te neem. Hy beweer dat baie van die praktyke en leerstellings van die Ou Testament ’n doodloop straat in die Nuwe Testament bereik het, en probeer om hierdie radikale verskuiwings te gebruik as bewys van die afskaffing van die tempel en veral ook die Levitiese offerandes, om sy bewering te ondersteun dat God ‘n finale Ichabod oor Sy volk [ten minste die tien Noordelike Stamme] geskryf het.

Hoewel Joubert t.o.v. die huidige dispensasie bekend as “die tye van die nasies” (Lukas 21:24) korrek is, kan ons dit nie as klinkklare voorbeelde gebruik om te bewys dat God kant en klaar is met sy volk en hulle met die kerk vervang het nie. Inteendeel, ’n tempel sal weer gedurende die 1000-jarige vrederyk van Christus gebou word waar diere-offerandes weereens, as terugblik op Christus se finale offer aan die kruis, gemaak sal word, net soos wat die offerandes in die Ou Testament a vooruit blik was op Christus se finale offer vir sondes.

Die Here het in Esegiël 37:26-8 belowe,

"En Ek sal ‘n verbond van vrede met hulle sluit, dit sal ‘n ewige verbond met hulle wees; en Ek sal hulle daar bring en hulle vermenigvuldig; en Ek sal my heiligdom in hulle midde vestig vir ewig. En my tabernakel sal oor hulle wees, en Ek sal vir hulle ‘n God wees en hulle vir my ‘n volk wees. En die nasies sal weet dat Ek die HERE is wat Israel heilig as my heiligdom vir ewig in hulle midde sal wees.

Ons kan verskeie gevolgtrekkings uit hierdie verse maak. Die beloftes word gegee vir ‘n tyd wat nog in die toekoms is, nadat Israel na die land teruggekeer het en na die Here sal opkyk by sy Tweede Koms in ‘n nasionale dag van bekering. Die genoemde heiligdom sal ewigdurend wees. Dit kon dus nie na die tempels van Serubbabel of Herodes verwys nie, want daardie tempels was van korte duur. Verder het Israel as ‘n nasie hom toe nie tot die Here gewend nie (Sagaria 3:9). Ons kan dus aflei dat die Tempel waarvan die profeet geskryf het, die Duisendjarige Tempel is, die een wat sal bestaan ​​wanneer ons Here vanaf die troon van sy vader Dawid oor die aarde sal heers. [Psalm 2].

Om lesers ‘n kykie te bied in een van Joubert se radikale en godslasterlike opseggings van Ou-Testamentiese tradisies, sal hierdie aanhaling uit sy mond voldoende wees. Hy beskryf smalend die offerandes van die Leviete in die Ou Testament as niks meer as ‘n grap nie.

“Die skouers van daardie arme diere wat by die tempel geoffer is, was net nie sterk genoeg om hulle sondes te dra nie. Op die ou end was die tempel net ‘n bloedige skande, ‘n offergrap. En die grap was op God se volk!”

Die frase “Die grap was op hulle” dui daarop dat diegene wat probeer het om ‘n truuk of grap met iemand anders te speel, uiteindelik diegene was wat bedrieg, beskaam of dwaas gemaak is. Hierdie konsep beliggaam ‘n omkeer van rolle, waar die grapjasse die gevolge van hul eie optrede ervaar. Volgens hierdie definisie is die betrokkenheid van ten minste twee entiteite nodig vir ‘n scenario om beskou te word as “die grap was op hulle.”

In hierdie geval is die entiteite God en Israel. Joubert se uitbeelding dui daarop dat Israel, as die volk van God, wat die ware oortreders is, probeer het om God te mislei en te verneder deur hulle offerandes van diere. Tog is hul optrede, wat die doodmaak van “arm diere” behels het, geopenbaar as niks meer as ‘n “bloedige skande, ‘n offergrap” nie.

Daarom het God die voorgenome bespotting op Israel, Sy uitverkore volk, omgekeer om te demonstreer dat die grap eintlik op hulle was en nie op Hom nie. Die idee dat die offer-stelsel wat deur God in Levitikus ingestel is ‘n manier was vir Israel om Hom te bespot, met God wat dan die situasie omkeer om eerder met hulle te spot, is niks anders as ‘n gruwelike godslastering nie.

Dit lyk asof Stephan Joubert aan ‘n ernstige geval van semantiese psigose ly, ‘n taalkundige versteuring wat gekenmerk word deur konseptuele disoriëntering, wat op sy beurt gekenmerk word deur ‘n volslae gebrek om inhoud en konteks te onderskei, onvoldoende referensiële samehang, en onlogiese redenasies. Ten spyte van sy gereelde bewerings dat hy ‘n diepgaande eksegetiese begrip van die Bybel het, is dit ironies dat hy voortdurend nie daarin slaag om sy kreatiewe verbeelding van die inhoud daarvan te staaf nie.

Hierdie ernstige afleiding spruit uit sy algehele onvermoë om te onderskei tussen die betekenisse van “bloedige skande”, “offergrap” en “ALLERHEILIGSTE.” Joubert spot vreesloos en aggressief met die offer-stelsel wat in Levitikus beskryf word, en verwys daarna as “‘n bloedige skande” en “‘n offergrap”, terwyl God, wat oneindig heilig is, al die offers as “ALLERHEILIGSTE” offers kategoriseer. ’n Oorsig dui daarop dat die uitdrukking “allerheiligste” 46 keer in die Bybel voorkom, met Levitikus wat 13 van daardie gevalle uitmaak. ‘n Voorbeeld hiervan is die volgende:

Spreek met Aäron en sy seuns en sê: Dit is die wet van die sondoffer: Op die plek waar die brandoffer geslag word, moet die sondoffer voor die aangesig van die HERE geslag word. Dit is hoogheilig. [Levitikus 6:25]

Joubert kan gerus wonder waarom God na al die offers verwys het as “allerheiligste”. Aanvanklik is dit belangrik om daarop te let dat God nie bedoel het dat die diere die sondes van Sy volk op hul skouers moes dra nie. By Nadere ondersoek na Joubert se oneerbiedige “sonde-skouerdra” konsep,  dui dit op ‘n subtiele poging om die fokus weg te skuif van die noodsaaklike rol van bloed in die offer-stelsel. Joubert moet sekerlik bewus wees van God se stelling in Hebreërs 9:22, “En volgens die wet is byna alles met bloed gereinig, en sonder bloedvergieting is daar geen vergifnis nie.”

Hierdie dekreet dien as bewys dat die bloed van die offerdiere wat in Levitikus genoem word, eerder as hul skouers, na die bloed van Christus verwys het wat Hy aan die kruis vir die mensdom se sondes gestort het. Dit is slegs in hierdie verband dat die bloed van die offerdiere as allerheilig geag is, soos God self gesê het:

Want die siel van die vlees is in die bloed, en Ek het dit aan julle op die altaar gegee om vir julle siele versoening te doen; want die bloed bewerk versoening deur die siel. [Levitikus 17:11].
Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees, en ons ‘n groot Priester oor die huis van God het, laat ons toetree met ‘n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van ‘n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water. [Hebreers 10:19-22].

SJ SE RADIKALISERING VAN HEBREERS 1 VERS 1

Hebreërs 1 en vers 1 is ‘n wonderlike openbaring van hoe God met sterflike mense praat.

Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het. Hy, wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die afdruksel van sy wese en alle dinge dra deur die woord van sy krag, nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, het gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte, [Hebreërs 1:1-3].

Daar is twee maniere om hierdie gedeelte te interpreteer. Een perspektief is om God se diskoers deur sy Seun te beskou as ‘n radikale hersiening van die verklarings wat deur die Ou-Testamentiese profete gemaak is.

Die ander perspektief is om te bevestig dat elke nuanse van Sy woord, soos uitgedruk deur Sy Seun, perfek resoneer met die geskrifte van die profete. Dieselfde woorde wat deur die profete gespreek is, het egter ‘n baie meer heerlike en wesenlike waarde deur die Seun verkry.

Hierdie verhewe heerlikheid word geïllustreer in Paulus se bevestiging van Christus se gesag oor die hele skepping, Sy skeppingskrag in die formering van die hemel en die aarde, die afskynsel van sy heerlikheid as die presiese afbeelding van die Vader, Sy rol in die onderhouding van alle dinge deur Sy kragtige woord, Sy volbragte werk aan die kruis om ons van ons sondes te reinig, en sy verhewe posisie aan die regterhand van Sy Vader in die hoogte.

Paulus beklemtoon dat as die uitsprake van God wat deur die profete van ouds oorgedra is, volkome betroubaar was (2 Petrus 1:20), is dit logies dat ons ‘n selfs sterker onwrikbare geloof in die woord van God moet hê soos uitgedruk deur Sy Seun, wat die vleesgeworde Woord van God is.

Dit is so te sê vanselfsprekend dat Stephan Joubert die eersgenoemde standpunt van radikale revisionisme onderskryf, wat na bewering die tradisionele gesproke woord van God, soos uitgedruk deur die profete, radikaal uitgedien het.

Die omvang van Stephan Joubert se rebellie teen God se heilige uitsprake wat deur die Ou-Testamentiese profete gelewer is, is so diep dat dit die grense van godslastering oorskry, ‘n prestasie wat selfs Satan sou sukkel om te ewenaar.

Godslastering teen die Heilige Gees is ‘n onvergeeflike sonde soos Jesus in Matteus 12:31 gesê het. Joubert verwerp die onfeilbare rol van die Heilige Gees in die oordra van profesieë  met minagting en skryf dit eerder sonder onderskeid toe aan die dromerye van die profete wat uiteindelik in stukke gespat het. Hier volg nou wat hy gesê het:

[Gevolglik] verduidelik die skrywer van Hebreërs dat God op ‘n nuwe manier deur Jesus moes praat en dat Jesus die nuwe roete geword het.

Hierdie opmerking kan vertolk word as een van sy mees onoordeelkundige opmerkings wat hy nog ooit gemaak het. Dit veronderstel dat God twee uiteenlopende paaie geskep het: een vir die Jode in die Ou Testament, wat ‘n treurige mislukking was, en ‘n ander, soos verteenwoordig deur Jesus, wat uitsluitlik vir die kerk in die Nuwe Testament bedoel is. Jesus Christus was nog altyd die enigste Pad na God in die ou en nuwe testamente. Daar was nog nooit ’n ou weg wat deur ’n nuwe vervang is nie.

Joubert sê voorts:

Jesus oortref die Ou-Testamentiese narratief, wat uitloop op Sy dood. Terwyl Sy offer aan die kruis ‘n belangrike gebeurtenis was en waarvoor ons innig dankbaar moet wees, is dit noodsaaklik om te verstaan dat Jesus ‘n revolusionêre nuwe verbond voortgebring het en ‘n nuwe familie van gelowiges wat sy nuwe volk genoem word. Dit is die einste evangelie wat die betekenis van Jesus se rol as die Messias vir Israel verwoord. Ek doen ‘n beroep op jou om noukeurig ag te slaan op hierdie boodskap om te verhoed dat ek as ‘n valse leraar bestempel word, maar dit het in ‘n groot mate misluk. Jesus is met sy aankoms met vyandigheid begroet, wat uiteindelik uitgeloop het op Sy kruisiging aan ‘n houtkruis, en sy vermoording deur die einste leiers van die volk wat Hy gekom het om te red.

Die geslagsregister van Jesus word uiteengesit in Matteus 1, wat sy erfenis as ‘n Israeliet (‘n Jood) illustreer. Daar word getoon dat hy ‘n afstammeling van Dawid is, met sy geslag wat teruggaan tot Abraham. Nietemin dui koning Herodus se reaksie op die aankondiging van die Messias se geboorte op ‘n naderende konflik, terwyl die aankoms van die wyse manne uit die Ooste dui op die ontvouing van ‘n universele evangelie, aangesien hulle Jesus se betekenis as die Verlosser van die mensdom herken het.

Die Evangelie is nie eers as ‘n universele waarheid herken toe koning Herodus besef het dat die wyse manne, wat die nie-Jode verteenwoordig, Jesus as hul Verlosser vereer het nie. Die fondament vir ‘n universele Evangelie van verlossing is reeds gevestig deur die offerbloed van ‘n onskuldige slagoffer, soos aangedui in Hebreërs 9:22, na die val van Adam en Eva.

Dit is belangrik om daarop te let dat Adam en Eva vanselfsprekend nie met enige volk geassosieer kon word nie; hulle het eerder die hele mensdom verteenwoordig. Volke het eers op die toneel begin verskyn na die groot vloed met die seuns van Noag, Sem, Gam, en Jafet.

Dit is dus ’n groot klug om te beweer dat die evangelie eers ’n universele konteks aangeneem het toe Jesus vlees geword het. Verskeie nie-Jode wat in die Ou Testament tot geloof gekom het, dien as bewys dat die evangelie reeds in die Ou Testament universele betekenis gekry het. Hier is ‘n paar voorbeelde: Rahab (Joshua 2:1-21; 6:22-25); Rut (Rut 1:16); Naaman (2 Konings 5:1-19); die Nineviete (Jona 32:1-10).

Om sy radikale nuwe aanbieding van die Evangelie af te belig met die uitsluiting van die Joodse volk as God se uitverkore volk, wat, soos Joubert beweer, deur die Kerk vervang is, noem hy die geval toe ’n Kananése vrou Jesus gesmeek het om ‘n demoon uit haar demonies geteisterde dogter uit te dryf, en Hy geantwoord het, Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel.” en Dit is nie mooi om die brood van die kinders te neem en dit vir die hondjies te gooi nie.  Haar vasberadenheid het haar onwrikbare geloof in Hom getoon, wat uiteindelik daartoe gelei het dat Hy namens haar opgetree het soos sy gesmeek het.

Om sy eie redes maak Joubert dan ‘n groot sprong na Lukas 13:34-35 waar Jesus se hartverskeurende klaaglied oor Jerusalem opgeteken is,

"O Jerusalem, Jerusalem, wat die profete doodmaak en die wat na jou toe gestuur is, stenig; hoe dikwels sou ek julle kinders bymekaargemaak het, soos 'n hen haar broei onder haar vlerke bymekaarmaak, en julle wou nie! Kyk, julle huis is aan julle verlate oorgelaat, en voorwaar Ek sê vir julle: Julle sal My nie sien nie, totdat julle sal sê: Geseënd is hy wat kom in die Naam van die Here." [Luk 13:34-35].

Joubert vervang doelbewus die woorde “Julle sal My nie sien nie, totdat die tyd kom dat julle sal sê: ‘Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here'” met “Julle sal My nie weer sien voordat julle my op die wolke sien kom as die Seun van die mens nie.”

Aanvanklik mag dit ietwat onbenullig lyk, maar Joubert se doelbewuste weglating van die frase “totdat die tyd aanbreek dat julle sal sê: ‘Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here'” verander die ware betekenis van hierdie gedeelte heeltemal.

Die teks belig die nederigheid van Jesus Christus wat sy reddingswerk betref, Soos Matteus 11:29 aandui. Hy dwing Homself nie op individue af nie en red ook nie eensydig die uitverkorenes nie, soos Calvinisme en Islam dit graag wil hè. In plaas daarvan, begeer Hy dat verlore sondaars Hom gewillig en uit hul eie vrye wil soek vir hulle redding, soos aangedui in Romeine 10:13.

Verder verseker dit dat die hele huis van Jakob, hoewel net ’n oorblyfsel, steeds moet bestaan om Sy wederkoms na die aarde moontlik te maak, soos Romeine 11:25 duidelik uitspel.

Christus se wederkoms, in teenstelling met Joubert se interpretasie, wat verwys na die geloof van die Siro-Fenisiese vrou in samehang met die ongeloof van Jerusalem en hulle verwerping van hulle Messias, om kwansuis die oordragproses van al God se beloftes vanaf Jode na nie-Jode te illustreer, is spesifiek op die Jode gerig en nie die kerk nie.

Die wedergebore Christene (die ware kerk) kom saam met Christus by sy tweede koms terug ná afloop van die wegraping en die opvolgende sewejarige verdrukking (Jakob se benoudheid – Jeremia 30:7) om die nasies wat sy volk so sleg behandel het, te oordeel. (Joel 3:2).

Daarbenewens bemoeilik sy gebruik van die titel “Seun van die mens” in Lukas 13 sake verder vir hom en sy verbeeldingsvlugte. Die geringste wysiging van die teks verander die betekenis daarvan en bespot die Heilige Gees wat die apostels geïnspireer het om God se boodskap oor te dra. So gesê, vlied Joubert se leliewit spoggery met sy onkreukbare kontekstuele eksegese van die Bybel en dat hy nooit verse uitkies om by sy eie agenda in e pas nie, by die venster uit.

Maar wag, dit word erger wanneer Joubert onbeskaamd die Heilige Gees bespot wat die Ou Testamentiese profete geïnspireer het om God se profesieë uit te spreek. Hy gaan voort om te sê,

Die verbrokkelde Israel en die land waarvan Jesaja gedroom het ‘n bestemming sou wees vir die nasies om in Jerusalem saam te kom, en Esegiël se droom van ‘n nuwe tempel is verpletter. Die Nuwe Testament, wat die Nuwe Verbond beliggaam, het egter hierdie hoop laat herleef. Binne die Nuwe Testament word Jesus erken as die nuwe tempel, wat die fisiese gebou oorbodig maak, soos Jerusalem ontwikkel tot die fondament waaruit die evangelie versprei word.

Volgens die Skrifte is ‘n saak volkome betroubaar as die getuienis van twee of drie getuies klop (Deuteronomium 19:15). Hierdie beginsel word tot vandag toe in hedendaagse regsake herken.

Beide Jesaja en Jeremia het geskryf oor die samekoms van alle nasies in Jerusalem om die Naam van die Here te eer.

Die woord wat Jesaja, die seun van Amos, gesien het met betrekking tot Juda en Jerusalem. En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die HERE vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en al die nasies sal daarheen toestroom. En baie volke sal heengaan en sê: Kom laat ons optrek na die berg van die HERE, na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die HERE uit Jerusalem. [Jesaja 2:1-3].
In dié tyd sal hulle Jerusalem noem die troon van die HERE; en al die nasies sal daarheen saamkom vanweë die Naam van die HERE in Jerusalem; en hulle sal nie meer wandel na die verharding van hul bose hart nie. [Jeremia 3:17].

Volgens die Bybel word ‘n saak as ten volle vasgestel en betroubaar beskou wanneer dit deur die getuienis van twee of drie getuies ondersteun word, soos in Deuteronomium 19:15 gesê word. Hierdie beginsel word weerspieël in moderne regskontekste, wat dikwels ten minste twee getuies benodig vir bekragtiging. Byvoorbeeld, in die geval van testamente vereis baie jurisdiksies die teenwoordigheid van twee getuies om die dokument se legitiemiteit te verseker.

Bogenoemde twee gedeeltes uit die Skrif bevat drie getuies: Jesaja, Jeremia en die Heilige Gees. Dit is noodsaaklik om ons geagte professor daaraan te herinner dat die goddelik gekose Ou-Testamentiese profete nie uit eie wil of deur drome geprofeteer het nie maar as heilige manne net geprofeteer het toe hulle deur die Heilige Gees gedryf is. [2 Petrus 1:20].

Nogtans skryf Joubert die onmisbare rol van die Heilige Gees in profesieë minagtend af en skryf die volmaak  ooreenstemmende twee profesieë deur Jesaja en Jeremia toe aan hul  dagdromery en noem hy die Heilige Gees-geïnspireerde profesieë verpletterde drome. Dis niks anders as godslaterlik nie. Het hy dan geen gewete of skaamte nie?

Die hoofrede waarom Joubert verkies om hierdie gevaarlike pad te bewandel, is sy ewe gevaarlike verwerping van ‘n letterlike Duisendjarige Vrederyk op aarde wanneer Jesus Christus oor die hele huis van Jakob [Israel], en al die oorblywende nasies sal regeer vanaf die troon van sy vader Dawid in Jerusalem [Lukas 1:32-33, Psalm 2].

Dit sal juis in daardie tyd wees wanneer al die nasies jaarliks ​​na Jerusalem sal optrek om Jesus Christus te aanbid en diegene wat versuim om daaraan te voldoen, sal reën verbeur gedurende hulle seisoenale reënperiodes. [Sagaria 14:17]. Geen reën nie, slegs pyn sal die gevolg wees van hul opstandige optrede.

Ter herinnering moet ons weer eens herhaal dat Stephan Joubert se minagtende verwysing na die Ou-Testamentiese profete se voorspellings as bloot gebroke dagdrome, uit sy belaglike sienings van Bybelse profesieë voortspruit. Hy beskou ’n profesie wat onvervuld bly binne die tydraamwerk van ’n generasie [20 tot 30 jaar) as waarsêery en verdoemende towery, en dus onder die vloek van  die ernstige aanklag in Deuteronomium 18 en vers 10 kom.

Met so ‘n verwronge siening openbaar hy dat hy geen gewete het om in stryd te wees met die Een wat hy beweer hy radikaal volg nie. Terwyl hy die Ou-Testamentiese profete se profesieë as verpletterde dagdrome bespot, het Jesus Christus, wie hy beweer hy volg, die grootste respek gehad vir hul Heilige Gees-geïnspireerde voorspellings.

DIE EMMAUS GANGERS

image
Waarom is julle so bedroef?

Jesus se diep respek vir die profete se profesieë was stewig in sy hart gevestig, wat hom aangespoor het om homself doelbewus aan twee van sy apostels te openbaar terwyl hulle na Emmaus gereis het. Hierdie apostels, wat verswelg was in ‘n toestand van diepe moedeloosheid, was in gesprek oor die gebeure wat na sy opstanding in Jerusalem plaasgevind het.

Dit is so belangrik om Jesus Christus se behoorlike respek vir die Ou-Testamentiese profete se profesieë te vergelyk met Stephan Joubert se diepgewortelde disrespek dat ons woord vir woord hul gesprek op pad na Emmaus moet aanhaal.

En twee van hulle was dieselfde dag op pad na ‘n dorp wat agt myl van Jerusalem af was, met die naam van Émmaüs. En hulle was in gesprek met mekaar oor al hierdie dinge wat voorgeval het. En terwyl hulle praat en mekaar ondervra, kom Jesus self nader en loop met hulle saam. Maar hulle oë is weerhou, sodat hulle Hom nie kon herken nie. En Hy sê vir hulle: Watter woorde is dit wat julle met mekaar loop en wissel, en waarom is julle bedroef? En die een wie se naam Kléopas was, antwoord en sê vir Hom: Is U alleen ‘n vreemdeling in Jerusalem en weet U nie van die dinge wat in hierdie dae daarin gebeur het nie? En Hy sê vir hulle: Watter dinge? En hulle antwoord Hom: Die dinge aangaande Jesus, die Nasaréner, wat ‘n profeet was, kragtig in werk en woord voor God en die hele volk; en hoe ons owerpriesters en owerstes Hom oorgelewer het tot die doodstraf en Hom gekruisig het. En ons het gehoop dat dit Hy was wat Israel sou verlos; maar nou is dit vandag, met dit alles, die derde dag vandat dit plaasgevind het. Maar sommige vroue uit ons het ons ook ontstel nadat hulle vroeg by die graf was; en toe hulle sy liggaam nie kry nie, het hulle gekom en gesê dat hulle ook ‘n gesig gesien het van engele wat sê dat Hy lewe. En sommige van die wat saam met ons was, het na die graf gegaan en dit net so gevind soos die vroue ook gesê het; maar Hom het hulle nie gesien nie. En Hy sê vir hulle: o Onverstandiges, met harte wat traag is om te glo alles wat die profete gespreek het! Moes die Christus nie hierdie dinge ly en in sy heerlikheid ingaan nie? En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het. Daarop kom hulle naby die dorp waarheen hulle op reis was, en Hy het gemaak of Hy verder wou gaan; maar hulle het by Hom aangedring en gesê: Bly by ons, want dit is amper aand en die dag het gedaal; en Hy het ingegaan om by hulle te bly. En toe Hy met hulle aan tafel was, neem Hy die brood en dank; en Hy breek dit en gee dit aan hulle. Toe is hulle oë geopen en hulle het Hom herken, en Hy het uit hulle gesig verdwyn. En hulle sê vir mekaar[Luk 24:13-32].: Was ons hart nie brandende in ons toe Hy met ons op die pad gepraat en vir ons die Skrifte uitgelê het nie?

Die rede vir Stephan Joubert se verwerping van “alles wat die profete gespreek het” aangaande Christus se lyding en sy Hemelvaart in heerlikheid, is dat hy nie ‘n hartstogtelike roering in hom voel wanneer Christus na die Ou-Testamentiese Geskrifte verwys om sy dood, begrafnis, opstanding en Hemelvaart te staaf nie, eerder as die Nuwe Testament, wat [en Joubert behoort dit te weet] toe nie eers geskryf was nie. Daarom het Jesus na Moses en al die ander profete na hom verwys as die boekstawing van sy lyding, opstanding en Hemelvaart in heerlikheid.

Dit impliseer dat Joubert in dialoog is met ‘n ander Christus, nie die Christus van die Bybel nie (2 Korintiërs 11:4), Die Christus van Emmaus en die Christus wat deur Joubert erken word, is twee radikaal verskillende persone.

Joubert mag miskien aanvoer dat sy afwysing van die voorspellings wat deur die Ou-Testamentiese profete gemaak is as karige fantasievolle drome nie die gebeure rondom Jesus Christus se dood, begrafnis, opstanding en hemelvaart insluit nie, maar eerder slegs verband hou met Israel as ‘n volk wat deur die kerk vervang is.

As dit inderdaad sy standpunt is, sal dit net dien om die absurditeit van sy vervangings teologie te ontmasker. Hierdie perspektief impliseer dat God betrokke is by teenstrydige stellings en bereid is om sekere Ou-Testamentiese profesieë as verouderd te beskou terwyl Hy ander bewaar.

Watter soort Christene sou vermetel genoeg wees om God as ‘n onbetroubare bedrieër te bestempel? Natuurlik sou Joubert hom daarvan weerhou om so ‘n godslasterlike bewering direk te maak. Hy het egter ‘n slim manier ontwikkel om blasfemiese stellings te vermy deur doelbewus sommige van die mees tasbare skriftuurlike gedeeltes uit te sluit wat bo enige twyfel bewys dat God nie sy uitverkore volk, Israel, met die kerk vervang het nie. Byvoorbeeld, wat maak Joubert met hierdie volgende tekste.

Want Ek, die HERE, het nie verander nie; en julle, kinders van Jakob, is nie verteer nie. [Maleagi 3:6].
Want so sê die HERE van die leërskare: Hy het my gestuur agter heerlikheid aan na die nasies wat julle uitgebuit het; want wie julle aanraak, raak sy oogappel aan. [Sagaria 2:8].

Sal Joubert sy vrou, wie ek sou dink die appel van sy oog is, uitpluk en soos 'n verslenterde vuil doek van hom af wegsmyt? Toemaar, die antwoord is voor die hand-liggend want hy is baie lief is vir sy vrou en salhaar nooit verlaat nie. God is die onbetroubare tiran wat sy oogappel sal vernietig, nie waar nie?

Die onveranderlike natuur van God is die onwankelbare fondament waarop die onwrikbare betroubaarheid van al Sy beloftes aan Israel staan. Diegene wat Sy getrouheid uitdaag en voorstel dat Hy Sy verpligtinge arbitrêr verander – veral om langtermyn profesieë wat verder strek as ‘n enkele geslag (20 tot 30 jaar) te systap – eer nie werklik die God van die Bybel nie. Dit sluit die misleide bewerings van individue soos Stephan Joubert in, wat sulke profesieë as blote waarsêery en towery afmaak.

So sê die HERE wat die son gee tot ‘n lig oordag, die ordeninge van die maan en van die sterre tot ‘n lig in die nag; wat die see in beroering bring, sodat sy golwe bruis, HERE van die leërskare is sy Naam: As hierdie verordeninge voor my aangesig sal wyk, spreek die HERE, dan sal die nageslag van Israel ook ophou om ‘n volk te wees voor my aangesig vir altyd. So sê die HERE: As die hemele daarbo gemeet en die fondamente van die aarde daaronder nagespeur kan word, dan sal Ek ook die hele nageslag van Israel verwerp weens alles wat hulle gedoen het, spreek die HERE. [Jeremia 31:35-37].

Stephan Joubert se tot vervelens toe en illusionêre bewering dat Israel opgehou het om te bestaan, kan vergelyk word met ‘n vaal mens wat, terwyl hy loop, sy blik op sy voete en die grond gerig hou, en versuim om sy oë op te slaan in verwondering oor die groot omvangrykheid van die son, die maan, die sterre en die planete – hemelliggame wat God as getuies van die blywende en ewige bestaan van Israel as ‘n nasie verordineer het. Nee, Joubert sal eerder sy hart verhard en God in sy gesig belaster.

“Jy is ‘n leuenaar en ‘n bedrieër. Anders as al die ander pro-Israel-aanspraakmakers wat lukraak net die verse uit die Bybel kies wat Israel se ewige bestaan bevestig, het ek reeds al die ander verse gelees en bestudeer.

Hierdie gedeeltes maak meer as 80% van jou oordele en uitwissing van Israel uit, terwyl minder as 20% van haar ewige bestaan praat. Om die skaal van ‘n 80% na ‘n 20%-verhouding ten gunste van Israel se bestaan te laat kantel, is absurd.

Dink jy regtig jou wysheid en kennis klop myne, ek professor Stephan J Joubert, wat ‘n DD-graad van die Universiteit van Pretoria (1987) en ‘n PhD van die Radboud Universiteit in Nijmegen, Nederland (2012) verwerf het, wat meer as 47 Christelike boeke geskryf het, insluitend “Jesus – ‘n Radikale Sprong”, wat in 2010 met die gesogte Andrew Murray-prys bekroon is, en die stigter en redakteur is van een van die grootste e-kerkbedieninge wêreldwyd?

Dink jy regtig so? Jy maak seker ‘n grap. Trouens, die grap is op jou omdat Israel van die aarde af verdwyn het. Hulle was “ein scheitern” (‘n treurige mislukking). O, jy sal seker Jesaja 49 vers 15 voor my kop wil gooi om my te oortuig wat sê, “Maar Sion sê: Die HERE het my verlaat, en die Here het my vergeet! Kan ‘n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet, nogtans sal Ék jou nooit vergeet nie!?”

Nee, nee, jy het dit mis want Jesaja 49:15 vorm deel van die 20% wat verreweg deur die 80% oorskadu word. Die kerk, die nuwe Israel, is ‘n dawerende sukses soos jy dalk geleer het uit die ongerepte geleerde manier waarop ek jou ewige woord mishandel en verwring.”

Haai Joubert, luister hoe cool God jou slap gekonkel weerlê.

Daarom, sê vir die huis van Israel: So spreek die Here HERE: Ek doen dit nie om julle ontwil nie, o huis van Israel, maar ter wille van my heilige Naam wat julle ontheilig het onder die nasies waar julle gekom het. [Esegiël 36:22].

Joubert beklemtoon gereeld aan sy volgelinge dat ekerk alle tekste deeglik ondersoek voordat hulle enige gevolgtrekkings oor die eindtyd se gebeure maak. Hy staaf met vers en kapittel dat hierdie praktyk noodsaaklik is om verkeerde interpretasies wat op geïsoleerde verse geskoei is, te voorkom en om verkeerde aannames te vermy.

Hy trap egter self keer op keer in dieselfde strik terwyl hy ander kritiseer. Ek het nog nooit een keer gehoor hoe hy enige van die aangehaalde verse hierbo in sy twee video’s noem nie, “Wie is Die Ware Volk van God?”

In die Ou Testament kom die frase “ter wille van my heilige Naam” dikwels voor in die konteks van God se verbonds-trou en Sy optrede namens Sy volk, Israel. Ter wille van belang, moet ons vermeld dat dit ‘n gewone mens was wat God daaraan herinner het om sy Naam te heilig ten aanskoue van gevalle mense toe Hy gedreig het om Israel as ‘n nasie te vernietig en van Moses ‘n nuwe volk te maak. Hierdie voorval het gebeur in die nasleep van Israel se aanbidding van die goue kalf terwyl Moses op die berg Sinai was om die Tien Gebooie te ontvang.

Moses het ernstig by God ingetree en Hom gesmeek om Israel wat gesondig het in hulle verering van die goue kalf nie, nie te vernietig nie. Hy het sy pleidooi op twee oortuigende argumente gebaseer.

  1. God se onveranderlike verbond met Abraham, Isak en Jakob. God lief dit wanneer ons Hom aan Sy beloftes herinner (Jesaja 62:6-7). Dit is nie te wyte aan enige geheueverlies  aan sy kant nie, maar eerder om ons standvastige geloof in Sy beloftes te bevestig, veral dié met Israel. Stephan Joubert sal God nooit aan Sy beloftes kan herinner nie, aangesien hy nie glo in die vaste Rots waarop hierdie beloftes staan nie (Jesaja 46:9-10).

    Die teks uit Jesaja 46:9-10 maak dit duidelik dat diegene wat nie op die ewige betroubaarheid van God se raad vertrou nie, in werklikheid ontken dat Hy die enigste lewende ware God is, ongeëwenaard deur enige ander sg. god of gode.

    In die volgende stelling word Joubert se gebrek aan geloof in die onveranderlike karakter van God en Sy ewe blywende beloftes (verbonde) duidelik. Nadat hy uit Efesiërs hoofstukke 2 en 3 aangehaal het, maak hy hierdie verstommende dwase waarneming:

“Dit is die nuwe verborgenheid wat God aan Paulus geopenbaar het . . . Paulus stel dus ‘n nuwe verborgenheid bekend [wat ook insluit dat], God he’n nuwe volk (‘n nuwe nasie) het. . . . Baie mense fikseer op ‘n paar ewige beloftes wat hulle uit konteks uit die Ou Testament aanhaal net om die historiese Israel wat nie meer bestaan nie, gelyk te stel aan die hedendaagse Israel.”

Sjoe! Hierdie anti-Semitiese stelling sal ongetwyfeld die Hamas-terroriste in Gasa nog meer aanhits om hedendaagse Israel uit te roei. Joubert spoor hulle opnuut aan om Israel te vernietig.

So, kom ons speel Joubert se berugte verbeeldingsspel. Stel jou voor dat Moses God se verbondsbelofte aan Abraham, Isak en Jakob uit konteks geneem het en in plaas daarvan soos volg moes gebid het: “Dink aan Abraham en Isak en Israel, jou dienaars, aan wie jy self gesweer het en vir hulle gesê het: Ek sal jou nageslag NIE vermeerder soos die sterre van die hemel nie, MAAR HULLE VERNIETIG OMDAT HULLE “EIN SCHEITERN” (‘N TREURIGE MISLUKKING) IS, en die land waarvan ek gepraat het, sal EK gee aan DIE PALESTYNE WAT EK AS ‘N NUWE VOLK SAL OPRIG, en hulle sal dit vir  ewig beërwe.”

  • . . . . en Ek sal jou ‘n groot nasie maak. En Moses wat ‘n baie nederige man was, nederiger as enigiemand anders op die aarde (Numeri 12:3), toe hy dit hoor, het opgespring op van blydskap en geskree: “Dankie Here. Hoe gaaf van jou om jou volk te vernietig en van my ‘n splinternuwe volk te maak wat ek sekerlik nooit in die voetspore van jou ou, vernietigde nasie sal volg nie. Nee, nee, nee, wees verseker, ek sal nie vir die Egiptenaars of enigiemand anders vertel wat U ter wille van U heilige Naam gedoen het nie. Ek sal net vir hulle sê om hulle oë op my, Moses, te vestig wat my volk uit hulle slawerny in Egipte gelei het. Ek is die nuwe Israel.

God se heilige Naam en Sy voorrang as die enigste ware lewende God onder die nasies was van die allergrootste belang vir Moses, wat selfs bereid was om sy eie naam uit die boek van die lewe te laat verwyder.

Paulus het hierdie sentiment weerspieël toe hy opgemerk het, “Want ek sou wens dat ek van Christus vervloek was ter wille van my broeders, my bloedverwante na die vlees” [Romeine 9:3].

God se keuse van Israel was nie gebaseer op die veronderstelling dat hulle ‘n super nasie of verhewe bo ander was nie; dit was ter wille van sy heilige Naam en niks meer nie. God, in Sy voorkennis, het geweet dat Sy volk (Israel) konsekwent Sy Naam onder die nasies sou ontheilig.

Tog het Hy hulle soewerein gekies vir die eer van Sy heilige Naam. Die vraag wat waarskynlik onbeantwoord sal bly, is: Sou enige ander nasie beter gevaar het of sou hulle ook “ein scheitern” wees (‘n treurige mislukking soos Joubert sou sê). Dis baie moeilik om die kerk ten aanskoue van haar diepgewortelde dwalings as die ware volk te bereken.

Omgekeerd blyk dit dat Stephan Joubert min besorgdheid toon oor die voortdurende disrespek, laster en minagting wat vir God se heilige Naam onder anti-Semitiese individue en nasies getoon word, met die kerk wat dikwels die ergste oortreder is, veral ekerk wat al lankal soos Israel, soos hy dit sien, in die niet moes verdwyn het.

SJ SE NUWE LAND VIR DIE VOLK VAN GOD

Wat die land betref, dien alles wat God bepaal het om in die toekoms te gebeur, as ‘n onmiskenbare bewys van die waarheid daarvan in die hede. Byvoorbeeld, daar word in die Bybel nie minder nie as tien keer na die land Israel verwys as “my land”. Die land behoort aan God en Hy kon soewerein kies aan wie Hy dit ook al wou gee as ‘n ewige erfenis. Hy het Israel gekies.

Nadat Hy hulle van hul slawerny in Egipte bevry het, het Hy dit aan Israel gegee en Josua en Kaleb die eer gegee om die land in sy Naam te verower, Ongelukkig het Israel vinnig in die afgrond van afgodery gesink, dieselfde afgodery waarvoor God die Kanaäniete streng geoordeel het, en Hom geen ander keuse gelaat het as om sy vloeke in Deuteronomium op hulle los te laat nie. (Deuteronomium 28:1-68). Hierdie vloeke word in 2 Kronieke 7:19-22 in verkorte wqeergawe aangebied.

Maar as júlle afkerig word en my insettinge en my gebooie wat Ek julle voorgehou het, verlaat en ander gode gaan dien en julle voor hulle neerbuig, dan sal Ek hulle uitruk uit my land wat Ek aan hulle gegee het, en hierdie huis wat Ek vir my Naam geheilig het, sal Ek van my aangesig wegwerp en daarvan ‘n spreekwoord en ‘n spotlied maak onder al die volke. En hierdie huis wat so hoog was—elkeen wat daarlangs verbygaan, sal verstom staan en vra: Waarom het die HERE so gedoen met hierdie land en met hierdie huis? Dan sal hulle sê: Omdat hulle die HERE, die God van hulle vaders, verlaat het wat hulle uit Egipteland uitgelei het, en ander gode aangehang en voor hulle neergebuig en hulle gedien het, daarom het Hy al hierdie onheil oor hulle gebring.

Om die eerste stelling in hierdie gedeelte oor die land toe te lig, moet ons weer na hoofstuk 3 verse 1 en 2 van die boek Joël kyk.

Want kyk, in dié dae en in dié tyd wanneer Ek die lot van Juda en Jerusalem verander, sal Ek al die nasies versamel en hulle na die dal van Jósafat laat aftrek, om daar met hulle ‘n strafgerig te hou ter wille van my volk en my erfdeel Israel wat hulle onder die nasies verstrooi het [toekoms], en my land wat hulle verdeel het [huidiglik].

Die verdeling van die land van Israel in twee afsonderlike state – een vir Israel en een vir die sogenaamde Palestyne – was vir ‘n baie lang tyd ‘n twispunt sonder enige permanente oplossing gewees.

Veral president Bill Clinton was gasheer vir die ondertekening van die Oslo-ooreenkomste in 1993, wat ‘n groot stap in die rigting van ‘n twee-staat oplossing was. Toe het ‘n reeks Abraham-ooreenkomste gevolg wat deur president Donald Trump in 2020 gefasiliteer is, nie om ‘n twee-state oplossing te bespreek nie, maar om verhoudings tussen Judaïsme, Christendom en Islam te normaliseer.

Dit was ‘n baie slim nuwe ooreenkoms waaraan slegs Trump kon dink. Deur Abraham in die sfeer van ‘n ooreenkoms te bring, het hy probeer om die idee te bevorder dat Jode, Christene en Moslems almal dieselfde vader het en dus onder die Abrahamitiese vaandel kon verenig.

Joubert, wat die beginsels van Vervangingsteologie bevorder, verag die onenigheid tussen Judaïsme en Islam oor ‘n gebied wat kwansuis vervang is deur ‘n universele “land”, wat nou deur die nuwe Israel bewoon word, wat individue van alle nasies insluit (die kerk ook bekend as die Koninkryk-Nou-broederskap).

Die aanhaling uit Joël 3:1-2 versterk die feit dat Israel die land is wat God aan Sy volk toevertrou het, en dat Hy oordeel sal fel oor die nasies in die Vallei van Josafat vir hulle rebellie in die verdeling van Sy land. Dit is ‘n verdere voorbeeld van Joubert se intense afkeer van die ware volgelinge van God en Sy land. Stephan Joubert sal baie hê om voor rekening te moet gee in die Oordeelsdag.

SJ SE NUWE VERBOND VIR DIE NUWE VOLK VAN GOD

Dit is van kardinale belang om van die begin af te weet dat die Evangelie wat verband hou met die bloed van Jesus Christus se kruis nie die Nuwe Verbond is nie. In ‘n neutedop: Die Evangelie kan nie as die Nuwe Verbond beskou word nie. Die term “Nuwe Verbond” opsigself dui aan dat dit iets “oud” vervang het, spesifiek die Mosaïese Verbond wat God met Israel by die berg Sinai gesluit het. Die instelling van die kerk op Pinkster het die Sinai verbond met ongeveer 1413 jaar voorafgaan.

Ten einde die Nuwe Verbond op die kerk van toepassing te maak, is dit nodig om met ‘n soort sterk arm draai foefie te wys dat God by die instelling van die Mosaïese Verbond ook die kerk saam met Israel as sy volk ingesluit het, dis te sê as die idee dat die “nuwe” die “oue” vervang het.

Die volk met wie die ou Mosaïese Verbond gesluit is, moet noodwendig dieselfde volk wees met wie God die Nuwe Verbond sal bevestig sodat dit gepas ‘n Nuwe Verbond genoem kan word, en dit is niemand anders nie as Israel.

Diegene wat nie deel was van die ou Mosaïese Verbond nie, kan ook nie deel wees die Nuwe Verbond nie, aangesien daar geen ou verbond is vir hulle is nie. Jy kan nie sê: “Ek het ‘n nuwe stel gholfstokke gekoop om my ou stel te vervang nie,” as jy nog nooit ‘n ou stel besit het nie. Hierdie voorbeeld beklemtoon die dwaling van die vervangings teologie. So ‘n scenario is onhoudbaar soos bewys kan word deur die volgende teksgedeelte.

Hier is ‘n paar punte wat wys waarom die kerk nie as die nuwe Israel beskou kan word nie:

  1. God het belowe om in die toekoms ‘n Nuwe Verbond met die huis van Israel en die huis van Juda te sluit. Om eerlik te wees, dit verg ‘n wilde verbeelding om te suggereer dat die kerk dieselfde is as Israel en Juda.
  2. God het nooit ‘n verbond met die kerk se voorvaders gesluit nie. Hoekom? Omdat Hy hulle nie uit slawerny in Egipte gelei het soos Hy met Israel gedoen het nie. Boonop kan die kerk nie na God die Vader verwys as sy man soos Israel nie. Die kerk is die Bruid van Christus, nie die vrou van God die Vader nie.

Hierdie punte beklemtoon regtig die onderskeid tussen die twee!

SJ SE EENGENERASIE-PROFESIEREËL: KOM ONS STEL DIE REKORD REG

Om sommer dadelik agter die kap van die byl te kom, moet ons eers weer ’n slag hoor wat Stephan Joubert oor profesie en in die besonder oor Openbaring te sê het.

Openbaring is ’n profetiese boek, maar ons moet profesie reg verstaan. Profesie is nie toekoms voorspelling nie. ’n Profeet staan nie hier en sê dan, “Ouens, pê wê, ek weet tog wat daar gaan gebeur” nie. Dit is waarsêery. Bybelse profesie – en dit is baie duidelik – ek lees reeds in Deuteronomium, hoofstuk 18 hoe God profesie beskryf. . . . Die Here sê, “Maar die profeet wat so vermetel is om ‘n woord in my Naam te spreek wat Ek hom nie beveel het om te spreek nie, of wat in die naam van ander gode spreek, dié profeet moet sterwe. En as jy in jou hart sê: Hoe sal ons die woord weet wat die HERE nie gespreek het nie? — as die profeet in die Naam van die HERE spreek, en wat hy gesê het, gebeur nie en kom nie uit nie, dan is dit die woord wat die HERE nie gespreek het nie; deur vermetelheid het die profeet dit gespreek; jy mag vir hom nie bang wees nie.” [Deuteronomium 18:20-22].

So, die Here sê ’n profeet se woord moet reeds in hulle eie geslag in vervulling gaan. Want, hoe sal jy nou weet? Jy hoor ’n profesie, hoe sal jy nou weet dis die waarheid? Wel, profesie is in die eerste plek vir die hoorders. Openbaring ook. Nou, ’n bietjie slegte en goeie nuus. Openbaring is in die eerste plek nie net vir ons geskryf nie. Dit is ook vir ons geskryf. Dit is God se tydlose tydige woord, maar dis nie net vir ons geskryf nie. Ons kyk oor die skouers van duisende Christene voor ons. Ongelukkig lees baie ouens Openbaring nie so nie. Hulle dink dis net vir hulle geskrywe. Ek sien baie boeke wat dit sê. . . . Maar, kom ek vir sê jou, jy’s nou in ’n kerk, en vir ’n jaar lank preek jou dominee of ’n pastoor die mooiste profesieë en aan die einde van die jaar sê hulle, ‘Ag ouens, ek het vir julle bietjie slegte nuus. Die afgelope preke is vir mense oor ’n duisend jaar. Wat dink jy sal hulle daarvan dink? Om hierdie selde rede, toe Johannes hierdie openbarings gekry het, het hy dit bedoel vir mense in die Romeinse Ryk wat fisies gely het, wat vermoor is meer as ooit. Christene was onder baie moeilike omstandighede waarskynlik onder Keiser Nero of Keiser Domitianus. So, ons moet onthou dat die Boek Openbaring is ’n profesie. Dit maak God se wil vir nou en vir dit wat God wil hè ons oor die toekoms moet weet, bekend. Maar dis nie toekoms voorspellings nie.

Kom ons begin by sy heel laaste sin waarin hy erken dat Openbaring ’n profetiese boek is maar nie toekoms voorspellings is nie, en tog ook ruiterlik erkeN dat dit God se wil vir nou en alles wat Hy wil hê ons oor die toekoms moet weet, bekend maak.

Hoe op deeske aarde Joubert die kloutjie by die oor kan bring dat Openbaring ‘n profetiese boek is maar nie toekoms-voorspellend is nie, kan net deur iemand soos hy met sy groteske verbeelding uitdink en uitpluis.

Dis amper soos om te sê,

God is alwetend, netsoos Hy ook almagtig en alomteenwoordig is, en kan dus honderd persent voorspel wat oor ’n duisend jaar gaan gebeur (Jesaja 46:9-10) en dit ook netso aan sy gekose profete oordra, maar Hy perk al hierdie goddelike attribute van Hom in sodat die onmiddellike toehoorders van sy voorspellings nie moet dink Hy ’n waarsêer is nie wanneer sy voorspelling kwansuis binne die tydraam van hulle eie geslag (tussen 20 en 30 jaar) faal en nie in vervulling gaan nie.  

Die fout wat Joubert maak is om die onmiddellike hoorders van gegewe profesieë te gebruik as die finale lakmoes toets om te bepaal of hulle sal realiseer al dan nie, in plaas van die ontsagwekkende alwetendheid van God.

Geloof is nie gebaseer op wat ons sien nie (Hebreërs 11:1). Natuurlik kan die onmiddellike toehoorders nie weet of profesieë wat vir oor ‘n duisend jaar in die pyplyn is binne die tydraam van hul eie geslag gaan uitkom nie.

Dis nie net onlogies nie maar ook absurd om so iets te verwag Die enigste vaste wete waarop hulle kon staatmaak was God se uitspraak in Deuteronomium 18:20-22 dat alle profesieë wat Hy deur sy gekose profete gemaak het beslis sal uitkom, en dat die sg. profesieë (inderwaarheid waarsêery) van valse profete nooit in der ewigheid sal uitkom nie.

Daarom kon baie onmiddellike toehoorders mat vaste geloof en vertroue weet dat God sy Seun sou stuur om sondaars van hulle sondes te reinig en die ewige lewe te gee.

’n Goeie voorbeeld is Abraham wat nagenoeg 2000 jaar vóór Christus se kruisiging vir sy seun Isak, toe dié hom gevra het, “Hier is die vuur en die hout, maar waar is die lam vir ‘n brandoffer?”, geantwoord het, “God sal vir Homself die lam vir ‘n brandoffer voorsien, my seun.” Genesis 22:7-8).

Abraham het 2000 jaar vooruit geweet en voorspel dat Christus vir die sondes van die wêreld as Lam van God sou sterwe omdat hy ’n ware profeet van God was en nie ’n valse profeet wat hom met waarsêery besig gehou het nie. (Genesis 20:7).

Joubert sal natuurlik sê dat die ram waarvan die horings in ’n bos vasgeraak het die oomblik toe Abraham sy seun wou slag, die onmiddellike verwesenliking van Abraham se profetiese woord was.

Indien dit die geval sou wees wil ek Professor Joubert graag aanraai om terug te gaan Sondagskool toe om die verskil tussen ’n ram en ’n lam te leer ken.

So van die Lam gepraat, kom ons gaan vir ’n wyle terug na die Lam se merkwaardige bekendstelling van Homself as die Lam van God in Nasaret. Dis toe Jesus in sy tuisdorp se sinagoge die boekrol van Jesaja oorhandig is en Hy die volgende gedeelte daaruit voorgelees het.

Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees; om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig. En nadat Hy die boek toegemaak en aan die dienaar teruggegee het, gaan Hy sit, en die oë van almal in die sinagoge was op Hom gevestig. Toe begin Hy vir hulle te sê: Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul. [Lukas 4:18-21].

Kom ons veronderstel Stephan Joubert was onder die groep mense in die sinagoge en dat hy ewe manhaftig opgestaan en vir Jesus gesê het. Ons kan mos ons verbeelding gebruik wat, soos Joubert sê, ’n gawe van God is.

“Wil jy werklik probeer om ons te oortuig dat ’n profesie wat nagenoeg 800 jaar gelede in ’n Ou Testamentiese boek, Jesaja, gemaak is vandag, 800 honderd jare later, in ons ore vervul is? Miskien moet jy eerder eers die boek Deuteronomium hoofstuk 18 en verse 20 tot 22 lees, en so tussen hakies, asseblief tog te onthou om dit met groot eerbied en respek te lees. Daar sal jy sien dat profesieë wat nie binne die tydraam van ’n geslag (20 tot 30 jaar) realiseer nie waarsêery is. En hier durf jy om vandag vir ons te vertel dat 800 jaar se wag vir hierdie profesie om in jou vervul te word nie waarsêery is nie? Watter soort respek is dit vir die Woord van God? O nee, jy is nie wat jy voorgee om te wees nie. Jy is ’n waarsêer par excellence.

Dat Joubert besig is om ’n dodelike spel te speel, is nie altemit nie. Die spel word genoem allegoriese simboliek. Die spel verteenwoordig wyduiteenlopende sienings rondom profesie.

Die een siening erken dat al die profesieë wat reeds in vervulling gegaan het letterlik vervul is. Die Amillenialiste en Koninkryk-Nou rolspelers kan nie anders as om dit as letterlik vervulde profesieë te sien nie omdat histories afgehandelde profesieë nouliks in terme van simboliese allegorieë beskryf kan word.

Nogtans verklaar hulle in dieselfde asem dat baie van die profesieë wat die Premillennialiste as nog toekomstige gebeure beskou, wel reeds vervul is. Dit staan bekend as “Preterisme” wat glo dat die profesieë in Openbaring reeds in 70 NC vervul is en dat die Duisendjarige Vrederyk van Christus reeds sedert sy eerste koms op aarde afspeel, ofskoon meer as 2000 jaar reeds verby is. Dus is die meer as 2000 jaar tot nou toe slegs ’n simbool of allegorie van die 1000 jaar.

Dan is daar ’n allegoriese benadering wat baie gevaarliker is omdat dit die voor die hand liggende betekenis van woorde geheel en al ignoreer en vlerke gee aan allerhande fabelagtige spekulasies (2 Timoteus 4:3-4).

Dit bring nie na vore die legitieme betekenis van die outeur se taalgebruik nie, maar forseer daarin watter verbeeldingsvlug ook al die interpreteerder daarin wil inprent. Dit is ’n sisteem van vertolking wat hom bo alle goed-gedefinieerde taalreëls en regulasies verhef. Dit verwring die ware betekenis van hele Skrifgedeeltes tot ’n korrupte verbeeldingsvlug wat uiteindelik uitloop op ’n hoop verwarrende uitlegte.

’n Goeie voorbeeld hiervan is Stephan Joubert se vertolking van Openbaring 14 waarin die 144 000 verseëlde Jode, bestaande uit 12 000 uit elkeen van die twaalf stamme van Israel op die berg Sion met Christus se Naam en Sy Vader se Naam op hulle voorhoofde geskryf is.

Omdat Joubert glo dat die volledige twaalf stamme nie meer bestaan nie en deur die kerk vervang is om die nuwe volk van God te verteenwoordig, moet hy noodwendig die hele gedeelte simbolies vertolk. Inderdaad, hyself sê dat dit die kerk is wat met ’n simboliese merk op hulle voorhoofde verseël is.

By nadere ondersoek, kan die 144 000 nie naastenby met die kerk vereenselwig word nie en wel om die volgende redes.

  1. Hulle is nie met ’n merk verseël soos Satan in Openbaring 13 sy volgelinge met ’n merk [charagma – ’n sigbare skraap of ’n ets soos met ’n stempel aangebring] op hulle hand of voorhoof verseël nie.

    Christus se Naam en Sy Vader se Naam is op die 144 000 se voorhoofde geskrywe [graphō]. Daar word nêrens in die Nuwe Testament genoem dat die hedendaagse kerk [ware gelowiges] deur God op hulle voorhoofde verseël is nie. Hulle is met die Heilige Gees verseël  tot die dag van verlossing [Efesiërs 4:30]. Die “verlossing” waarvan Efesiërs praat kan nie ’n verwysing wees na die wedergeboorte nie omdat ’n persoon wat met die Heilige Gees verseël is, reeds gered is. Dit kan dus alleenlik ’n verwysing wees na die Wegraping vóór die sewejarige verdrukking wanneer ook hulle liggame in ’n oogwink verander sal word.
  2. Vers 4 van Openbaring 14 sê dat hulle hulself nie met vrouens besoedel nie, want hulle is maagdelik rein. Dit beteken eenvoudig dat hulle ongetroud sal wees en ook nooit gemeenskap met vrouens sal hê nie. Die lede van die kerk [ware gelowiges] kan beslis nie hierop aanspraak maak nie want die meeste van hulle, insluitende Joubert, is getroud en nie meer langer maagdelik rein nie.
  3. Vers 5 sê dat daar geen bedrog [misleiding] in hulle monde is nie. M.a.w. hulle praat niks anders as die reine waarheid nie.

    Dit kan nouliks van die lede van die kerk gesê word, veral wanneer hulle soos Joubert die mistisisme van Mosaïek Kerk (Johan Geyser en Kie) bevorder, en soos Rob Bell [’n opperste Emergent Kerk rebel] glo dat daar ook waarheid in die Judaïsme, Boeddhisme, Ateïsme, en watter ander “ismes” ook al, is.

    Wees verseker dat die 144 000 verseëldes nooit so ‘n demonies geïnspireerde leuen [Johannes 8:44] sal ondersteun nie. NOOIT! Dus kan Joubert se foefie dat die 144 000 verseëldes ’n simbool van die ware kerk [ware Israel] is, niks anders as a leuen so reg uit die hel wees nie. Hoe gouer Stephan Joubert en Kie [Ekerk] hulle van hul goddelose leerstellings bekeer, hoe beter sal dit vir hulle sieleheil wees.

SLOTREDE

Menige onlogiese en verbeeldingryke soort redenasies het met die volle raad van God weggedoen, veral met betrekking tot Israel wat as volk van God gered sal word met Jesus Christus se tweede koms op die aarde.

Alhoewel Stephan Joubert erken dat God nog altyd ‘n oorblyfsel van ware gelowiges onder die Israeliete vir homself bewaar het wat nie voor afgodery geswig het nie (Romeine 11:4), versuim hy om na hierdie oorblyfsel as die hele huis van Israel te verwys. (Romeine 11:26) en om nog steeds daarop aan te dring dat die tien Noordelike stamme van die aardbol verdwyn het. Hulle bestaan nie meer nie. Die Here daarenteen verklaar

Maar oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge; en hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos ‘n mens rouklaag oor ‘n enigste seun en bitterlik oor Hom ween soos ‘n mens bitterlik ween oor ‘n eersgebore kind. In dié dag sal die rouklag groot wees in Jerusalem, soos die rouklag van Hadad-Rimmon in die laagte van Megiddo. En die land sal rouklaag by geslagte, elke geslag afsonderlik; die geslag van die huis van Dawid afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik; die geslag van die huis van Natan afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik; die geslag van die huis van Levi afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik; die geslag van Símeï afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik. Al die ander geslagte—elke geslag afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik. [Sagaria 12:10-14].

Dit is duidelik uit die bogenoemde gedeelte dat alle families, wat die oorblywende oorblyfsel van die twaalf stamme verteenwoordig, gered sal word met Jesus Christus se wederkoms na die aarde.

Dit weerspreek Joubert se standpunt wat beweer dat slegs die stamme van Juda en Benjamin gered sal word, aangesien die tien Noordelike stamme na bewering omgekom het ná hul veronderstelde algehele vernietiging deur die Assiriërs in 720-722 vC.

Een van die mees onteenseglike bewyse dat die kerk Israel nie as die volk van God vervang het nie, is die engel van die Here se verskyning aan Josef in ‘n droom, en gesê het:

Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees; en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos. [Matteus 1:20-21].

Daar is nie die geringste aanduiding in die engel se uitspraak dat “sy volk van God” ‘n “grondlose” of “landlose” universele mengelmoes van gelowiges (die kerk) van elke nasie, stam en taal ingesluit het nie.

Die term “sy volk” kon nie deur Josef en Maria as ‘n ander volk as die huis van Jakob (Israel) verstaan word nie, want die kerk het destyds nog nie bestaan nie.

Verder is “sy volk van God” ‘n direkte getuienis van die feit dat Christus ten volle mens was terwyl Hy ten volle goddelik gebly het. Elke mens word in ‘n nasie gebore.

Christus self het sy volledige menslikheid bevestig toe Hy gesê het, “redding is van die Jode.” (Johannes 4:22). Sy volk is die Jode en nie ‘n samestelling van ‘n groot verskeidenheid nasies wat as die kerk bekend staan nie.

Vir Hom om ten volle mens te wees, moes Hy in ‘n nasie gebore word en daardie nasie was geen ander nie as die huis van Israel wat God soewerein gekies het om sy volk van God te wees.

‘n Selfs sterker bevestiging dat die Jode deur die geskiedenis heen sy volk van God gebly het, is die engel Gabriël se uitspraak aan Maria toe hy gesê het, “En Hy sal regeer oor die huis van Jakob (Israel, al is dit die oorblyfsel) vir ewig; en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie.” [Lukas 1:33].

As Christus se heerskappy vir ewig is, dan moet die huis van Jakob ook vir ewig bly, tensy daar twee teenoorgestelde betekenisse van “vir ewig” is, wat heel moontlik is met die Emergent Kerk wat floreer op Yin Yang-paradokse, dit wil sê subtiele leuens.

Please share:
blank

Tom Lessing (Discerning the World)

Tom Lessing is the author of the above article. Discerning the World is an internet Christian Ministry based in Johannesburg South Africa. Tom Lessing and Deborah Ellish both own Discerning the World. For more information see the About this Website page below the comments section.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *